03/11/2025
Wie kan onthou? As jy in die weermag was, sal jy hierdie goed verstaan.
1. Never volunteer.
2. Staan saam of kak saam.
3. Respek en discipline is als.
4. Souties was nie gewild nie maar as hulle uitklaar is hulle vlot Afrikaans.
5. Rooibostee smaak kak sonder kondensmelk.
6. Moet nooit heel voor in n ry staan nie.
7. Moet nooit heel agter in n ry staan nie.
8. Taxi's keer dat vloere vuilgetrap word.
9. Spanwerk.
10. Klere Stryk.
11. Bosbus is nie n voertuig nie.
12. Die verskil tussen n rifle en n gun
13. Daar word op jou geskreeu al is jy nie doof nie.
14. Blink goed moet dof gemaak word. Dowwe goed blink, ronde goed vierkantig en vierkantige goed rond.
15. Vloekwoorde wat gladnie sin maak nie.
16. Sê goed wat gladnie sin maak nie, soos "hier naai ek die kat. Jy hou net die stert en die ballas vas"
17. Sê goed wat wel sin maak, soos " Ek sal jou klap dat jou bril soos n draadkar om jou ore hang" of "ek sal jou g*t so hard skop dat jou ballas by jou ore uithang"
18. Mens kan koue koffie en koue tee drink.
19. Mens kan warm water drink.
20. Moet nooit opgee nie
21. Train hard - fight easy
22. Jy poog gedurig om die onmoontlike te doen, soos wanneer die korporaal vir jou sê " As ek sê BEWEEG....dan is jy reeds aangetree met staaldak, webbing en geweer
23. Kamaraadskap.
24. Vasbyt...en vas suig as jy nie meer kan byt nie.
25. Aeroplane PT het niks met vliegtuie te doen nie.
26. "Loop-pas" beteken "draf" duh...
27. Pandimonium breek uit sodra Engelse bevele op die paradegrond geskreeu word.
28. As jy jou hand opsteek om drywer te word, al wat jy gaan dryf is si*****te stompies in die asblik!
29. As jy gestuur word om ń spesifieke takkie in ń boom te gaan pluk, wees verseker dit gaan die verkeerde takkie wees. Jy gaan weer hardloop.
30. Iemand se balhaar in die toilet maak jou hele peleton "sif" en ń groot opfok wag vir julle!
31. Kakpapier is goud werk na jy uit ń varkpan geëet het.