31/12/2019
Moët jou nie kwel oor môre!!
“Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.”
MATTHÉÜS 6:34 AFR53
Is jy gereed om die Here te ontmoet as Hy na jou toe kom? Gaan 2020 n jaar wees wat j gefokus gaan wees op dit wat die Here wil hê jy moet doen? Ons is te veel bekommerd oor die kwellinge van hierdie wereld en soek nie die Koninkryk van die Here dit is hoekom ons dit nie kry. Sommige goed hou die Here weg van jou omdat dit nie goed is vir jou en ons kwel oor hierdie dinge en streef nie na wat die Here vir jou het. Jou sukses is in die Here en nie in die wereld.
Kwel jou nie oor hierdie dinge!! Ons moet opstaan en die Woord van die Here verkondig sodat ons gereed kan wees as Hy kom. Satan Sal jou insluk met alles wat jy het as jy nie die Here die fokuspunt maak. Kom ons kry ons lewe uitgesorteer met die Here want op God se kalender is daar iets omtrent jou jare, jou lewe!!
Soek die Here en hou Hom met alles wat jy het in die Liefdesvorm!! Moet jou nie kwel oor die dinge wat God in beheer is!