06/01/2026
Dankie vir die belangstelling in die pos by Decopol Flooring. Indien jy nie van ons terug gehoor het nie was jou aansoek onsuksesvol.
We are Hiring!
Administratiewe & Rekeninge Koördineerder
Stuur asseblief u CV per e-pos na [email protected]. Slegs CV's gestuur per epos sal oorweeg word.
Ons is op soek na ’n ervare Administratiewe & Rekeninge Koördineerder om alle administratiewe en daaglikse finansiële funksies vir twee verwante maatskappye te bestuur. Hierdie is ’n selfstandige pos, wat iemand vereis wat gemaklik is om volle verantwoordelikheid vir die administrasie in ’n vinnige konstruksie-omgewing te aanvaar.
Vereistes
Ten volle tweetalig in Afrikaans en Engels (gesproke en geskrewe)
Ervaring met Xero of soortgelyk
Vorige ervaring in ’n konstruksiemaatskappy of soortgelyke projekgedrewe bedryf sal voordelig wees
Georganiseerd en detailgeoriënteerd
Vermoë om onafhanklik te werk, werkladings te prioritiseer en spertye na te kom
Agtergrond in administrasie
Verantwoordelikhede
Verantwoordelik vir alle administratiewe funksies vir twee maatskappye
Voorbereiding en uitreiking van kwotasies, kontrakte en fakture
Loonverwerking en BIBC-administrasie
Instandhouding van projek dokumetasie, finansiële rekords en werknemer dokumentasie
Algemene kantooradministrasie en rekordhouding
Die Ideale Kandidaat
Is gemaklik om alleen te werk en inisiatief te neem
Is betroubaar, gestruktureerd en detailgeoriënteerd
Aanvangsdatum: 26 Januarie 2026
Salaris: R 18 000 - R 25 000 afhangende van ervaring.