03/05/2019
Vir baie jare het ek net die beste kliënte gehad vir wie ek vandag elkeen by die naam dankie wil sê. Julle het brood op ons tafel gesit en my menswaardigheid gegee. Vandag het ek by die einstreep gekom en halt geroep. Ek gaan nou bietjie in die Bosveld rus vir die laaste eindpunt. Baie baie dankie en mag elkeen van julle weet ek het julle waardeer.