Van As Elektries

Van As Elektries Elektriese Kontrakteur / Electrical Contractor
Bespreek elektriese werk en toepassing van regulasies
Discuss electrical works and regulations

01/02/2016

Was vandag Vaalbos toe. Dit is 'n plaas wat aan die agtergeblewendes "teruggegee"is Daar is van ons mense wat daar diamante delf. Toe ek wou uitkom is die brug/wal vol klippe en brandende bande.die plaaslikes staak ..alweer ...want daar is nie werk vir hulle nie. Die "nuwe eienaars" van die plek lyk dit vir my is besig on hulle eie mense soos gewoonlik te beduiwel met wat regti aangaan in die delwerye. Jy kan net soveel mense aanstel as wat jy kan bekostig!Dit het my op die ou end 3 ure gekos om uit die artea te kom.Die ergste is ek het niks te doen gehad met hulle saak nie. Dit het beteken dat ek my hele dag se inkomste as kontrakteur verloor het. Nou moet ek alweer een van my "mense " afdank agv....

28/01/2016

Mense asb .Die regulasies se dat jy nie van 'n geleibaan mag gebruik maak vir 'n aarding/grond nie. Indien jy dan nie gronddrade op jou kragroppe en ligte het nie is dit nie ons kontrakteurs wat sommer net wil doen soos ons wil nie. Die plek moet reggemaak word voordat daar 'n sertifkaart uitgereik kan word.

17/01/2016

Was vir 'n tyd nie op my "site" nie. Sal vorentoe meer beskikbaar wees.

24/06/2015

Hoop omvolgende week klaar te maak in Koffiefontein. Huise getoets vir Petra

13/04/2015

Hoekom ondersteun die mense in ons area kontrakteurs uit ander dorpe om Solar - stelsels te installeer as ons hier dit kan doen ?

09/01/2014

Moes 'n woonstel oorbedraad. Nou kos dit aan die einde meer as dubbel as wat dit oorspronklik sou wees!!. Die klient, 'n pensioenaris, was onder die indruk dat haar "elektrisien" gekwalifiseerd is. Intussen werk die persoon maar net vir 'n ander kontrakteur!!Mense wees tog versigtig as julle iemand aanstel. As daardie persoon nie 'n sertifikaart kan uitreik nie is hy nie geregistreer nie

07/02/2013

Soek iemand ( Hier in Kimberley ) wat lugreellaars kan insit.

10/12/2012

Kan nie verstaan hoe ongekwalifiseerde mense sonder ondervinding of registrasie so ver kan kom om staatskontrakte te kry nie!

27/11/2012

Dit is soos ons munisipaliteit se kontrakteurs koopkrag meters installeer! As ons dit so doen is daar moeilikheid. Is daar ander regulasies vir hulle as vir ons??

27/11/2012
25/11/2012

Ek het weer gesien daar is party mense/ kontrakteurs wat net vir sy eie sak kyk! Het geen saak met billikheid en regverdigheid nie. Gebruik die regulasie-boek om homself te verryk !

03/11/2012

Sit tog asb julle Geysers af! Anders brand die element as daar nie water in is nie

Address

Kimberley
8301

Telephone

0837576955

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Van As Elektries posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category