25/06/2026
VAKANTE POS BESKIKBAAR – MALMESBURY NUTSMAN / HANDYMAN
Vereistes:
* Geldige Kode 8 (EB) bestuurslisensie.
* Basiese kennis van loodgieterswerk, elektriese werk en meganiese herstelwerk.
* Ondervinding in huis- en instandhoudingsherstelwerk.
* Hardwerkende persoon wat bereid is om fisies veeleisende werk te verrig.
* Sober gewoontes.
* Ouderdom tussen 30 – 50 jaar.
* Eie vervoer.
* Goeie mense-, kliëntediens- en kommunikasievaardighede.
* Netjies op jouself en jou werksomgewing.
* Vermoë om goed in spanverband te werk.
* Stiptelik en betroubaar.
* Goeie probleemoplossingsvaardighede.
Om aansoek te doen: E-pos 'n maksimum twee-bladsy CV na [email protected]
Salaris: Markverwant
Sluitingsdatum: 30 Junie 2026
Indien u nie binne twee weke na die sluitingsdatum terugvoering ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Doen asseblief slegs aansoek indien u aan die bogenoemde vereistes voldoen.
Voorkeur sal gegee word aan kandidate met ondervinding in algemene instandhouding en herstelwerk.