79 Degrees Solar & Electrical

79 Degrees Solar & Electrical ☀️ 79 Degrees Solar powers homes, businesses & farms with reliable solar & backup systems. Real savings.

Save money, beat load-shedding & avoid Eskom hikes — with flexible finance & no upfront cost. 💡 Smart energy.

☀️ WERKSGELEENTHEID: Junior Solar/Elektriese installeerder79 Degrees Solar & Electrical – MosselbaaiOns is op soek na 'n...
03/06/2026

☀️ WERKSGELEENTHEID:
Junior Solar/Elektriese installeerder

79 Degrees Solar & Electrical – Mosselbaai

Ons is op soek na 'n jong, energieke persoon wat 'n loopbaan in die sonkrag- en elektriese bedryf wil bou.

By 79 Degrees Solar doen ons baie meer as net sonkrag. Ons span werk ook met algemene elektriese installasies, lugversorging (aircons), slimhuis-outomatisering, rugsteunkragstelsels en ander tegniese projekte.

Geen uitgebreide ervaring is nodig nie – ons soek die regte persoon met die regte ingesteldheid wat bereid is om te leer en te groei.

🔧 Posbeskrywing:
• Installeer sonkragstelsels
• Elektriese koppeling
• Foutopsporing
• Tegniese ondersteuning
• Voorraadbeheer
• Assisteer met elektriese installasies
• Assisteer met aircon- en slimhuisprojekte

✅ Jy moet:
• Hardwerkend en betroubaar wees
• Fisies fiks wees
• Gemaklik wees om op dakke, lere en in plafonne te werk
• Tegnies aangelê wees
• Bereid wees om te leer en te groei

⭐ Voordelig:
• Elektriese of tegniese ervaring
• Bestuurslisensie
• Ondervinding met gereedskap

📍 Gebaseer in Mosselbaai met projekte regoor die Tuinroete.

📧 Stuur jou CV na: [email protected]

Indien jy 'n jong persoon ken wat 'n toekoms in die sonkrag- en elektriese bedryf wil bou, tag hulle hieronder of deel hierdie plasing.

Pos Beskikbaar:79 Degrees Solar & Electrical – MosselbaaiOns groei en is op soek na 'n ervare Senior Solar/Elektriese Te...
03/06/2026

Pos Beskikbaar:
79 Degrees Solar & Electrical – Mosselbaai

Ons groei en is op soek na 'n ervare Senior Solar/Elektriese Tegnikus om deel van ons span te word.

79 Degrees Solar spesialiseer nie net in sonkrag nie, maar ook in 'n wye reeks elektriese oplossings, insluitend algemene elektriese installasies, lugversorging (aircons), slimhuis-outomatisering (smart home automation), rugsteunkragstelsels en foutopsporing.

🔧 Vereistes:
✅ Ondervinding in sonkraginstallasies
✅ Goeie kennis van AC- en DC-stelsels
✅ Foutopsporing en probleemoplossing
✅ Bestuurslisensie
✅ Elektriese kwalifikasie sal sterk aanbeveel word

⚡ Posbeskrywing:
• Installeer sonkragstelsels
• Elektriese koppeling
• Foutopsporing
• Tegniese bestuur en ondersteuning
• Voorraadbeheer
• Algemene elektriese installasies en onderhoud
• Ondersteuning met aircon- en slimhuisprojekte

👷 Ons soek iemand wat:
• Betroubaar en professioneel is
• Trots is op kwaliteit werk
• Selfstandig kan werk
• Oplossingsgedrewe is
• 'n Positiewe bydrae tot die span lewer

📍 Gebaseer in Mosselbaai met projekte regoor die Tuinroete.

📧 Stuur jou CV na: [email protected]

Deel gerus hierdie plasing indien jy iemand ken wat geskik sal wees.

02/06/2026
18/04/2026

Dis nie net oor sonkrag nie… dis oor beheer.

Elke jaar wag mense vir Eskom se volgende verhoging.
En elke jaar kos dit jou meer… vir dieselfde krag.

By 79 Degrees Solar & Electrical glo ons dit hoef nie so te wees nie.

Ons verkoop nie net ’n “stelsel” nie —
ons kyk na JOU huis, JOU verbruik, en ontwerp iets wat sin maak vir jou.

🔧 Nie te groot nie
🔧 Nie te klein nie
🔧 Net Reg!

Want as dit reg ontwerp is:
✔️ spaar jy regtig geld
✔️ werk alles soos dit moet
✔️ en hou dit lank

En ons los jou nie ná die installasie nie.
Ons is daar vir ondersteuning, advies en naverkope — want dis hoe dit moet wees.

💬 Eerlike raad.
⚡ Professionele werk.
🤝 Iemand wat jy kan bel en vertrou.

As jy ernstig is om beheer oor jou krag te vat — praat met ons.

📞 082 373 6755
📧 [email protected]

Herholdt's Group SUNGROW POWER

"With electricity prices soaring, here’s why solar makes more sense than ever"'n Opsomming van die Moneyweb artikel 30 M...
08/04/2026

"With electricity prices soaring, here’s why solar makes more sense than ever"

'n Opsomming van die Moneyweb artikel 30 Maart 2026:

Stop Eskom se jaarlikse verhogings – vat beheer van jou krag!

As jou kragrekening nou R2500 p/m is:
➡️ 2026: ± R2719 p/m
➡️ 2027: ± R2960 p/m

Dit hou net aan styg… 📈

Wat as jy dit kan vasmaak – en later amper niks betaal nie?

🔋 Sonkrag stelsel (±690 eenhede p/m): ±R103 430
🌙 Battery: ± 7kWh GRATIS krag elke aand
☀️ Son: voorsien jou huis bedags en herlaai batterye gratis
⚡ Eskom: +-R350 – R500 p/m se verbruik ( hang af van jou verbruik)

💸 Finansiering (GEEN deposito):
• R2444 p/m – 60 maande
• R2174 p/m – 72 maande
• R1986 p/m – 84 maande

👉 Vaste paaiement – GEEN jaarlikse verhogings
👉 Daarna is jou krag basies GRATIS

📊 Jy betaal reeds naby aan hierdie bedrag… maar nou bou jy jou eie krag!

Vir meer inligting en jou gratis kwotasie kontak 79 Degrees Solar & Electrical
📞 082 373 6755
📧 [email protected]

The cost of acquiring a solar system has fallen sharply, while electricity price increases are nearly three times the rate of inflation.

Selfs onder mooi wolke werk die son vir jou.Kyk net hoe pragtig lê die panele op die dak — netjies geïnstalleer, perfek ...
23/02/2026

Selfs onder mooi wolke werk die son vir jou.

Kyk net hoe pragtig lê die panele op die dak — netjies geïnstalleer, perfek geplaas en gereed om maksimum sonkrag op te wek.

By 79 Degrees Solar kombineer ons kwaliteit vakmanskap met slim ontwerp sodat jou huis nie net mooi lyk nie, maar ook elke dag bespaar. 🌞

Sonkrag is nie net vir beurtkrag nie — dit is vir laer rekeninge en ’n groener toekoms.

📞 082 3736 755
📧 [email protected]

Laat die son vir jou werk — elke dag.

Herholdt's Group

Sonkrag wat ’n hele Estate verander!Kyk net hoe installeer ons bykans op meer as 90% van die huise in hierdie estate son...
22/02/2026

Sonkrag wat ’n hele Estate verander!

Kyk net hoe installeer ons bykans op meer as 90% van die huise in hierdie estate sonpanele. Netjiese, hoë-standaard vakmanskap wat nie net elke huis se rekening verlaag nie — maar ook die estate se totale verbruik verminder.

Ons gee om vir kwaliteit.
Ons gee om vir besparing.
Ons gee om vir die natuur. 🌿

En ja — 79 Degrees Solar bied finansiering sonder ’n deposito.

📞 082 3736 755
📧 [email protected]

Laat die son vir jou werk!

📞 79 Degrees Solar & Electrical
☎️ 082 3736 755
📧 [email protected]
Herholdt's Group Schoeman Trio Builders Renosterbos Estate

Van Beurtkrag-oplossing na Voltydse Besparing!Hierdie kliënt het oorspronklik ’n 5kW inverter met 2 x 5kW batterye geïns...
21/02/2026

Van Beurtkrag-oplossing na Voltydse Besparing!

Hierdie kliënt het oorspronklik ’n 5kW inverter met 2 x 5kW batterye geïnstalleer tydens beurtkrag. Nou dat daar nie meer beurtkrag in die Wes-Kaap is nie, het ons die stelsel opgegradeer om steeds maksimum waarde te lewer.

Met 8 x 595W panele wek hy nou gemiddeld ±22 eenhede per dag GRATIS van die son op. 🌞

Saans ontlaai ons sowat 7kW uit die batterye vir verdere besparing, en die volgende dag laai die son dit weer vol.

By 79 Degrees Solar optimaliseer ons jou bestaande stelsel sodat jy meer bespaar en elke maand meer geld in jou sak hou.

📞 Kontak ons vandag en laat jou sonkrag vir jou werk!
Tel: 082 373 6755
Email: [email protected]

Herholdt's Group

🌊☀️ See-uitsig… en sonkrag wat saamwerk.Hierdie woonstelblok kyk uit oor die oseaan —maar sy krag kom van bo.Ons het hie...
20/02/2026

🌊☀️ See-uitsig… en sonkrag wat saamwerk.

Hierdie woonstelblok kyk uit oor die oseaan —
maar sy krag kom van bo.

Ons het hierdie dak omskep in ’n energie-opwekkingsarea wat:
✔️ Betroubare krag lewer
✔️ Gemeenskaplike verbruik ondersteun
✔️ Die kompleks se langtermyn kostes help verlaag

Sonkrag is nie net vir huise nie.
Woonstelblokke, "Estates" en ontwikkelinge kan groot besparings en sekuriteit kry met die regte ontwerp.

Dis wat ons doen — ons kyk na die groter prentjie:
Hoe die inwoners leef.
Wanneer hulle krag gebruik.
En hoe die stelsel slim kan saamwerk met hul behoeftes.

Van grondvlak tot daklyn — professioneel, netjies en veilig geïnstalleer.

As jy deel is van ’n kompleks, HOA of ontwikkelaar en wil weet wat moontlik is, kom gesels met ons.

📞 79 Degrees Solar & Electrical
☎️ 082 3736 755
📧 [email protected]

Herholdt's Group

🔆 Van plan… tot krag.Hier sien jy nie net ’n sonkrag installasie nie —jy sien vakmanskap in aksie.Elke paneel word met p...
19/02/2026

🔆 Van plan… tot krag.

Hier sien jy nie net ’n sonkrag installasie nie —
jy sien vakmanskap in aksie.

Elke paneel word met presisie geplaas.
Elke kabel netjies getrek.
Elke besluit doelbewus geneem.

By 79° Solar & Electrical glo ons dis nie net oor die eindresultaat nie —
dis oor hoe jy daar kom.

Hierdie huis is nou op pad na:
⚡ Meer energie-sekuriteit
⚡ Minder afhanklikheid
⚡ Slimmer kragbestuur

Ons span doen dit reg die eerste keer.
Netjies. Veilig. Professioneel.

As jy bou, opknap of net moeg is vir kragonsekerheid —
kom gesels met ons voordat jy jou volgende rekening betaal.

📞 79 Degrees Solar & Electrical
☎️ 082 3736 755
📧 [email protected]

Herholdt's Group

Address

Mossel Bay
6500

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Telephone

+27823736755

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when 79 Degrees Solar & Electrical posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to 79 Degrees Solar & Electrical:

Share

Category