23/09/2026
Nog 'n voltooide opknappingsprojek in Napier.
Hierdie huis het 'n volledige vars voorkoms gekry, met nuwe kombuis- en badkamerafwerkings, moderne detail en 'n pragtige oop leefruimte wat die lig en uitsig ten volle benut.
Baie geluk aan die eienaars met hul pragtige, opgeknapte huis en dankie aan my span vir jul harde werk. RJ Bouers is trots op die eindresutaat en dankbaar vir die geleentheid om aan 'n projek in ons dorp te kon werk.
Vir bouwerk, aanbouings en opknappingsprojekte in Napier, Bredasdorp, Struisbaai en die Overberg, kontak Roland op 081 256 2801