JNK Elektries

JNK Elektries Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from JNK Elektries, Electrician, Old Oak.

04/03/2024

Is ons nie uitgelewer aan ongenaakbare diensleweraars en n regering wat ons nie wil beskerm nie? Wat nie sy pligte nakom teenoor sy mense nie? Wat sy kiesers, sy belastingbetalers, sy pensioenarisse, sy armes, sy kinders versaak?
"Ja, ons weet, jy hoef dit nie te se nie. Eintlik moet jy dit nie se nie, dit maak ons meer depressief"
Ironies genoeg was ons landleuse in die vorige bedeling "Eendrag maak mag".
Daar is n gesegde wat se: "for good men to keep quiet is for evil to thrive..."
Die probleem is dat ons bang is. En geregtelik so. Want dieselfde gereg waarop jy jou beroep en wat jou versaak, is ook die een wat jou vervolg vir laster sou jy swak of oneerlike diens rapporteer.
Wil een van ons regsgeleerde vriende nie op die volgende stelling antwoord nie: Ek het onlangs verneem dat jy selfs nie meer op sosiale media of in die openbaar mag se "Piet het my besteel of bedrieg nie", selfs as jy dit kan bewys nie!
Piet kan aangekla en vervolg word, maar dit is sy "mensereg" dat sy naam nie beswadder mag word nie...!
Ons kom bv gereeld op elektriese installasies af wat verskeie grade van onreelmatige, onwettige en selfs bedrieglike standaarde het.
Klagtes by verskeie owerhede val op dowe ore, en ek kry nooit terugvoering nie.
Dit geld oor n bree spektrum, en kollegas van my in ander bedrywe deel my frustrasie.
Is voorkomende maatreels dalk die oplossing?
Sal die publiek ontvanklik wees vir n voorkomende maatreel? 'n Aksie wat benewens finansiele uitgawe ook die meer belangrike aspek aanspreek, nl. frustrasie en stres?
Gaan u in afsienbare tyd bou, aanbou, renovasie doen of selfs n eiendom koop of verkoop?
Ons bied ons diens aan om te verseker dat u ten minste in sekere aspekte, waar ons oor die kundigheid beskik, u kan vrywaar van swak , onreelmatige / onwettige en bedrieglike werk.
Enige persoon kan vandag n elektriese of loodgieter- installasie doen. Hy moet eintlik net n nakoming-sertifikaat kry van iemand , waarvan daar baie gewetenlose persone is wat dit uitreik. In baie gevalle vra die eienaar nie eers daarvoor nie, of staar hom blind teen die "koste" van n bevoegde, gekwalifiseerde en geregistreerde persoon.
Ons bied die diens waar ons teen n minimale fooi n voor en/of na- inspeksie op u installasie sal kom doen, envir u n volledige verslag sal gee van die eiendom se toestand (in geval van n eiendom wat u aankoop) , of van die werk wat gedoen is.
Hierdie verslae, onderworpe aan u behoefte, sal bv in die geval van n eiendoms-transaksie nie net nakomings
-sertifikate insluit nie, maar ook aspekte dek wat nie deur die nakomig-sertifikaat gedek word nie.
Dit sluit bv items in soos defekte stowe, lugreelaars, ligte, swembad en boorgatpompe, ondervloer-verhitting, ens ens in.
Aan die loodgieterskant is daar ook n legio aspekte wat gedek word, en dan natuurlik ook die strukturele en meganiese aspekte, soos los teels, lekkende dakke, plafonne wat gesak het, defekte deure en vensters en hekke ens ens.
U kan ons verslag gebruik om betaling te weerhou vir onbevredigende werk deur die bouer, elektrisien , loodgieter ens.
Die koste van ons inspeksies is op navraag beskikbaar, en is onderworpe aan die tipe en grootte van die installasie
Kontak my gerus vir enige navrae of om n afspraak te maak.
Ons is gekwalifiseerde en geregistreerde ambagslui wat oor voldoende kundigheid en ervaring beskik om aan u uitstekende waarde vir u geld te gee.
Kontak my by 072 608 9908
of 084 508 5629
Groete, Johan.

28/09/2021

So baie is en word gese van die Elektriese nakomings-sertifikaat, so baie vereistes en verwagtings rondom daardie dokument, tog word dit al hoe meer n waardelose stuk papier.
Wanneer mense vir my se hulle kan die sertifikaat maklik gekom, wanneer mense nie bereid is om op meriete daarvoor te betaal nie, wanneer jy as eienaar nie waarde heg aan die dokument nie, wie d**k jy moet dit doen? Daardie dokument is die "doktersbrief" na n behoorlike ondersoek van jou elektriese installasie. Moet nie die dokter blameer as jy hartkloppings kry na jy jou pille weggegooi het nie. Net soos jou liggaam het jou eiendom ook "wear and tear", tog gaan jy nie n mediese "nakomings-sertifikaat" op straat koop nie. Dit gaan nie oor geld wanneer jy n mediese ondersoek laat doen nie. En dit is hoe ons na die "gesondheids"- inspeksie van ons eiendom behoort te kyk. Ongelukkig , wanneer ons die eiendom verkoop, gee ons nie meer om oor sy gesondheid nie. Dis die volgende eienaar se probleem. En as die verkoper van jou nuwe eiendom ook so redeneer? Dan is jy ongelukkig! Onthou net, jy as eienaar van n elektriese installasie is volgens wet verantwoordelik vir die veiligheid daarvan. Jy, jou familie, jou huurder, se veiligheid is dus jou verantwoordelikheid.

11/02/2021

Ons word almal diep geraak deur die COVID pandemic, die voortdurende beurtkrag en drukkende ekonomie. JNK Elektries wil graag verligting aan ons mense gee, en verleen voorwaardelike tariefverlagings van 5% aan sy kliente. Daarbenewens staan ons n addisionele 5% korting toe op ouetehuise , skole, mense wat gebrek ly asook pensionarisse.
(Glyskaal Die eerste twee uur is 5%, die derde en vierde ure is 10% en vanaf die vyfde uur is dit 15%)
Hierdie korting is geldig vir werk gedoen vanaf vandag. Kortings nie geldig op uitstaande betalings verskuldig nie. Hierdie korting sal van krag bly vir die volgende maand of tot die datum wat vlak 3 opgehef word.
Ons vertrou hierdie klein gebaar van welwillendheid sal elke individu en instansie tot hulp wees.
Ons versoek ons kliente vriendelik om rekeninge ssm na ontvangs te vereffen en behou die reg voor om hierdie aanbieding ter enige tyd te onttrek indien samewerking in die verband ontbreek
Vriendelike groete
Johan, Wehan en Elna

Het jy geweet...JNK Elektries vra nie n uitroep fooi nie. Ons werk slegs per uur. Did you know...JNK Elektries does not ...
11/01/2021

Het jy geweet...

JNK Elektries vra nie n uitroep fooi nie. Ons werk slegs per uur.

Did you know...

JNK Elektries does not have a call out fee. We only work per hour.

Kragtoevoer vir en installasie van swembad pompe
10/01/2021

Kragtoevoer vir en installasie van swembad pompe

OP die plaas kan ons ook help!  Well point! Boorgat!  Waterverspreiding. Starters, drukpompie ens.
10/01/2021

OP die plaas kan ons ook help! Well point! Boorgat! Waterverspreiding. Starters, drukpompie ens.

Indien daar n ongelukkie was en jou eiendom het gebrand. Ons kan help on jou kragtoevoer, en verspreiding te herstel.
10/01/2021

Indien daar n ongelukkie was en jou eiendom het gebrand. Ons kan help on jou kragtoevoer, en verspreiding te herstel.

29/08/2020

Geagte Leser
Wat bied JNK Elektries u?
Uiterse betroubaarheid - Goeie diens - Eerlikheid - Kwaliteit werk en materiaal – Billike tariewe – Dertig jaar plus ondervinding – Deeglike kennis van ons vakgebied – Gratis advies - Gekwalifiseerde, geregistreerde en gelisensieerde vakmanne – 24/7 Bystanddiens teen geen ekstra koste - 10% Korting op arbeid vir persone bo 65. Oorweging van u spesiale versoeke – En vele meer!
Diens met ‘n glimlag wat u laat glimlag! Kontak ons gerus.

Dear Reader,
What does JNK Elektries have to offer?
Absolute trustworthiness – Good service – Honesty – Quality work and material – Fair tariffs – Thirty years plus experience – Superb knowledge of our trade – Free advice – Qualified, licensed and registered artisans – 24/7 Emergency standby-service at no extra costs – 10% Discount on labour costs for persons 65 and older - Consideration of special requests – And much more!
Service with a smile which will leave you with a smile! Please contact us.
Trotse Eienaars/ Proud Owners

Johan, Elna en Wehan Kruger

29/08/2020

Address

Old Oak
7530

Telephone

+27616399755

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when JNK Elektries posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to JNK Elektries:

Share

Category