23/11/2021
ń Boodskap wat ek op WhatsApp ontvang het... Ek d**k dit som dit mooi op...
Een dag was daar ń kliënt wat my kom vra het hoeveel dit sal kos om 'n kas vir hom te maak...
Ek: R1500
Hy: So duur vir ʼn kas?
Ek: Hoeveel d**k U, moet dit kos?
Hy: R800 maksimum ...
Dit is 'n redelike eenvoudige werk, of hoe? ! "
- Vir R800 nooi ek U uit om dit self te doen.
- Maar .... ek weet nie hoe nie?
- Vir R800 sal ek u leer hoe. Behalwe dat U R700 sal spaar, kry U die kennis vir ʼn volgende keer.
- Dit het vir hom reg geklink en hy het toe ingestem.
- Maar om aan die gang te kom: benodig U gereedskap: 'n tafelsaag, 'n skaaf, 'n skuurder, 'n boor, ens.
- Maar ek het nie al hierdie toerusting nie, en ek kan nie al hierdie vir net een projek koop nie.
- Nou ja, vir nog ʼn R250 meer verhuur ek my toerusting aan U sodat u dit wel kan doen.
- Goed, sê hy.
- Goed! U kan Dinsdag kom om met die projek te begin.
- Maar ek kan nie Dinsdag kom nie ek het net tyd vir vandag.
- Ek is jammer, maar ek is eers Dinsdag beskikbaar om U te leer en my goed vir U te leen. Ander dae is ek besig met ander projekte.
- Goed! Dit beteken dat ek Dinsdag my tyd sal moet opoffer en my werk vir die dag moet opgee.
- Ek het vergeet, om U werk self te doen, moet U ook betaal vir die nie-produktiewe verborge kostes wat daaraan verbonde is.
- Wat? Wat is dit?"
- Brandstof, huur en Vele meer.
- Ag nee! ... Maar om al hierdie take te verrig, gaan ek meer geld uitgee en baie tyd mors!
- Verstaan U nou?
- Goed!
- Ek kry vir U al die materiaal wat U benodig. Die laai van materiaal word Maandagaand of Dinsdagoggend vroeg gedoen. U moet die vragmotor 6 uur kom laai. Moenie vergeet om betyds te wees nie.
- 6 uur in die oggend ??? O-Nee! Dis hopeloos te vroeg vir my! Ek het nog altyd baie later as dit opgestaan.
...
- Weet U, ek het ʼn bietjie daaroor naged**k. Waarom kan U dit nie sommer vir my doen nie?Ek betaal eerder die R1500 vir U. As ek dit self moes maak, sou dit nie perfek wees nie en sou dit my baie meer kos om te maak.
As u vir werk betaal, veral handgemaakte produkte, betaal u nie net vir die materiaal nie, maar ook vir:
- Kennis
- Ervaring
- Gereedskap
- Tyd
- Verantwoordbaarheid
- Professionaliteit
- Akkuraatheid
- Die waarborg dat dit uitdraai soos dit moet lyk.
- Patente
- Veiligheid
- Sluittasie op voertuie
- aflewerings koste
- Tolhekke
- Brandstof heen en weer
- Diens van voertuie
- liksensie skywe van voertuie
- en vele meer...
Niemand kan ander se werk afkraak deur pryse te beoordeel nie.
Slegs deur al die stappe te ken wat nodig is vir die vervaardiging van 'n produk, kan u die werklike koste besef.
Ek het nie hierdie oorspronklike stuk geskryf nie net vertaal en aangepas. Ek deel dit om vakmanne en entrepreneurs te ondersteun.