Leefstyl C / Lifestyle C

Leefstyl C / Lifestyle C Leefstyl en Tennisafrigting; Tennis; Afrigting; Life and Tennis Coaching; www.lifestylec.com



Leefstylafrigting; Tennisafrigting; Tennis; Afrigting; Life and Tennis Coaching
www.lifestylec.com

Maak 2026 jou beste tennisjaar nog. 🎾Leefstyl Tennisakademie / Lifestyle Tennis Academy is die plek waar spelers regtig ...
12/06/2026

Maak 2026 jou beste tennisjaar nog. 🎾

Leefstyl Tennisakademie / Lifestyle Tennis Academy is die plek waar spelers regtig groei — met goeie afrigting, slim beplanning en konsekwente oefenwerk.

Wat ons vir jou kan doen:
* Tennisafrigting en tegniekontwikkeling
* Beplande oefenprogramme wat deur die kwartaal/jaar kan voortbou
* Vakansieprogramme vir spelers wat gereed wil wees vir 3de kwartaal Liga asook vakansie toernooie
* Oefenwedstryde en toernooi-voorbereiding

Hou jou spel skerp:
– Volg jou oefenplan ook in die vakansie
– Weet watter dele van jou spel jy wil verbeter en maak kort notas daarvan
– Kyk so nou en dan tennis op TV (selfs hoogtepunte) om taktiek en idees op te tel
– Identifiseer watter tegniese of taktiese fasette jy wil verfyn
– Maak seker jy verstaan jou tipe spel en hoe om ander spelers se spel te kan hanteer - (Agressiewe Agterbaanspeler, Iemand wat heeltyd net toe beweeg, ("Counterpuncher") en Iemand wat al die fasette van die spel goed kan hanteer)
Die ideale wedstrydspel is om ñ kombinasie van al die fasette op die regte tyd en in die regte senario te kan hanteer.

Bou jou fiksheid: 💪
Spoedfiksheid, stamina, kardio, krag en touspring bly belangrik.
Beplan ’n eenvoudige vakansieprogram saam met jou ouers wat by julle roetine pas.
Rus genoeg, maar kom sterk en gereed terug.

Ons sien daarna uit om saam met jou te werk aan ’n doelgerigte, sterker 2026.

Groete Danie en die Leefstyl C Span


11/06/2026
09/06/2026

Grilled Beef Tenderloin Crostini with Béarnaise Sauce🥖🥩

09/06/2026

'n Ma beskerm haar kind ten alle koste

Niemand gee vir 'n ma 'n handleiding wanneer haar kind gebore word nie.

Daar is geen klas wat haar leer hoe om elke traan af te vee, elke vrees te stil of elke moeilike besluit te neem nie. Sy word eenvoudig in moederskap ingegooi en leer dag vir dag, fout vir fout, gebed vir gebed.

Soms kry sy dit reg. Soms wonder sy of sy genoeg doen. Soms lê sy wakker in die nag en dra sy bekommernisse wat niemand anders sien nie.

Maar een ding weet ek:

'n Goeie ma is nie die ma wat alles perfek doen nie.

'n Goeie ma is die ma wat aanhou opdaag.
Die ma wat haar kinders liefhet wanneer dit maklik is én wanneer dit moeilik is.
Die ma wat haar eie hart breek sodat haar kinders s'n kan heel bly.
Die ma wat veg, bid, beskerm, vergewe en nooit ophou om om te gee nie.

Elke kind is anders.
Elke huis het sy eie uitdagings.
Elke ma dra haar eie laste.

Daarom moet ons ophou om mekaar te oordeel en begin om mekaar te ondersteun.

Want aan die einde van die dag word 'n kind nie grootgemaak deur 'n perfekte ma nie, maar deur 'n ma wat met haar hele hart liefhet.

❤️ Aan al die mammas wat soms voel hulle doen nie genoeg nie: Jou liefde beteken meer as wat jy ooit sal besef.

❤️🌸🙏🏻

09/06/2026

Leefstyl Tennisakademie Junior Toernooi te Zambesi Tennisklub, Dinsdag 23 Junie 2026 (Sluitingsdatum 17 Junie 2026)

09/06/2026

27th Jun 2026 to 30th Jun 2026 Groenkloof Tennis Stadium 206 Florence Ribeiro Street, Groenkloof, Pretoria, 66GF+X6 Pretoria Pretoria, Gauteng North, City of Tshwane - Pretoria, Gauteng 0181

07/06/2026

He did it! 🏆 is the Rise Centurion Open Champion! 🇿🇦 Clears a final thriller 6-2, 3-6, 7-6(6) against Donski to secure his maiden ATP Challenger title in front of an electric home crowd! 🎾🔥

07/06/2026

THE WAIT IS OVER 🏆

Address

Pretoria
0159

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

+27827792431

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Leefstyl C / Lifestyle C posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Leefstyl C / Lifestyle C:

Share