08/09/2022
Goeie more geliefde van die Here.
08 Sep 22 - Loof die Here.
Psalm 145:1 ‘n Loflied van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.
2 Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.
3 Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik
Ek wil U loof Here, ek wil U Naam prys, U is Lofwaardig, U is ons Verhewe God en Vader. Ek wil Psalm sing tot eer van U Naam, halleluja, amen. U liefde is ondeurgrondelik en vir altyd. Ek bring U al die Eer en die danksegging, want U is my Herder, my Here op wie ek vertrou, amen.
8 Get. Genadig en barmhartig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.
Dankie Here vir U barmhartigheid, dankke vir U lankmoedigheid, dankie HERE, VIR U GENADE, Halleluja, die Here is Lofwaardig en Heilig, waardig om geprys te word, halleluja, verhoog die Naam van onse Here en God, amen.
14 Samek. Die HERE ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.
15 Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.
16 Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.
17 Sade. Die HERE is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.
18 Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
19 Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.
20 Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.
21 Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
Halleluja, die Here help almal, almal wie om Sy hulp roep, die Here hoor jou roep gebed, en antwoord en snel elkeen te hulp wat Hom aanroep in geregtigheid, ja, die Here help almal. Roep Hom aan en gee Hom eer. Dankie Here, so baie dankie vir elke goeie gawe wat van bo af neerdaal. Dankie Here vir elke uitkoms, dankie vir elke ontverming, dankie vir elke redding, dankie Here, vir elkeen wat kan werk, dankie vir U Salwing oor ons elkeen se lewe, dankie Here, baie baie dankie Here.
Gebed,
Dankie Here, is al wat ons kan Uiter, is dankie, dankie my God en my Vader, dankie Here, vir elke gawe, dankie vir elke beantwoorde gebed, dankie Here, baie dankie,
Amen en amen.
Dank God en gee Hom eers. Blessings. 😇🙌😇👏👏👏👏👏👏