07/06/2022
Dringende aanval maatreëls
Hierdie wenke hou verband met wanneer ‘n aanval dreig, maar die meerderheid kan en moet ook daagliks en permanent toegepas word op plase sowel as ook in die dorp of plotte.
• Inwoners moet spesiale maatreëls tref as ‘n plaasaanval dreig. Doen n evaluasie en tree daarvolgens op.
• Moenie dat jou werkers hiervan weet nie!!! Vermy slaapkamers met buitevensters in hierdie tyd.
• Maak seker alle vensters, deure en hekke is gesluit en alarm is aan (ook elektriese heinings). Beveilig ook jou huis met versterkte binne-hekke en deure, veral waar jy slaap/skuil.
• Moet geen brandstof binne bereik in buitegeboue stoor nie, tensy dit goed toegesluit is. Koppel ‘n tuinslang aan ‘n binnekraan en hou brandblussers reg om vuur te kan blus in die huis. Dis vir as hulle jou huis aan die brand steek om jou uit te kry.
• Maak altyd seker dat alle selfone in die huis vol gelaai is en genoeg lugtyd het. Maak seker dat jy ALLE noodnommers en bure se nommers op ALLE selfone het. Alle 2-rigting radios se batterye moet ook vol gelaai wees.
• Koppel ‘n paar buiteligte aan ‘n groot 12-volt trekker battery vir noodgeval, sou die krag afgaan. Sorg dat jou alarm battery deur die nag kan hou in noodgeval. Koppel ook ‘n baie harde sirene, asook “strobe” lig (flitsende noodlig) of twee hieraan.
• Moet vir GEEN REDE uit jou huis uitgelok word nie!!! Moenie uitgaan na “krag-box” om te kyk wat aangaan as jou krag af gaan nie – kry eers hulp van buite.
• Selfde reel geld as jy water hoor loop in tuin of as iemand “om hulp roep”.
• Moet GEEN vreemdes by plaashuis (of dorpshuis) toelaat nie (dag of nag). Hanteer die altyd as ‘n moontlike plaasaanval / roof as daar vreemdes per voertuig of voet aankom. Roep onmiddelik hulp van buite af in voordat hulle naby jou kom!!! (Reel hierdie dril met jou bure en help mekaar so).
• Moenie reageer op “hulproepe” van jou werkers in die nag nie!!! Maak ‘n alternatiewe reeling met hulle – in mediese noodgeval byvoorbeeld kan hulle jou bel en jy kan ambulans reel, ens.
• Moet ook nie goedsmoeds vir die “polisie” oopmaak nie – kontak jou naaste polisiestasie en bevestig eers alle detail voor jy reageer. Roep dadelik hulp in as dit verdag voorkom.
• Volwasse inwoners moet om die b***t slaap om wag te staan indien nodig.
• Moenie helder ligte binne die huis brand nie. Maak seker dat gordyne goed toegetrek is.
• Vervang badkamerdeur (of ander veilige vertrek) met n sterk staaldeur, koëlvas met ordentlike skuifslotte binne – vir klein kinders en oumense om in te skuil indien nodig. Versterk ook die vensters (“intruder-proof” glas) en diefwering hier.
• Al het vensters diefwering, sit aan die buitekant “expanded metal” sif diefwering op – dit bemoeilik petrolbom aanval (om die mense uit die huis te kry). Hou een of twee nooduitgange waardeur julle kan ontsnap indien nodig.
• Moet nie in die aand rond ry nie, neem geduurig fotos met selfoon van enige lewe op die pad in die omgewing. Hou altyd ‘n pen en notaboek byderhand vir inligting soos registrasienommers en voetganger beskrywings (deel gereeld hierdie info met jou bure).
• Kyk vir “tekens” by hekke, heinings en paaie!!! Kyk daagliks vir vreemde voertuig- en voedspore.
• Verander daagliks jou ry of loop roetienes vanaf jou perseel, want dit maak die wat jou dop hou wys van jou roetienes.
• Patrolleer veral buite-paaie daagliks en “vee” met n tak of ketting of sake agter jou voertuig. “Vee” veral as julle almal die plaas verlaat agter jou op pad hoofpad toe – dan kan jy sien wat aangaan as jy terugkeer.
• As almal uit was en julle die postal nader, kyk vir iets wat nie daar was toe jy gery het nie – voertuigspore, voetspore, sigaretpakkies, stompies, takkies, gras, urineer plekke, ens.
• Kyk of jou honde jou kom verwelkom en kyk na hulle gedrag – waai hulle sterte – is hulle bang – is hulle nie daar nie. As jy enige onraad vermoed – maak n U-draai en kry spoed en kry hulp in!!!
• As alles veilig lyk en jy ry erf binne, as jou alarm aan is, bly in voertuig en toets eers “remote” of alarm dalk ge-“trigger” was voordat jy parkeer en uit voertuig uitklim.. Hou jou opsies oop te alle tye.
• As alles veilig lyk en jy nader die huis te voet, hou jou vuurwapen(s) gereed!!! Kyk steeds vir “iets verdags” en moedig jou honde aan om te snuffel. Kyk of daar niemand in moontlike skuilplekke is nie.
• Met die oopsluit – as jy n alarm het behoort dit veilig te wees, maar laat in elk geval jou honde eers deur die huis gaan voordat jy ingaan.
• Bel jou bure, plotwag of plaaswag as jy iets vreemds gewaar, al is dit net oor n deurloper of vee wat bondel of honde wat onrustig is.
• Vergewis jou met jou bure se bewegings en verwittig hulle van jou doen en late. Jou beste hulp bly reg langs jou!!! (2-Rigting radios is eintlik absoluut noodsaaklik hier).
• Raak van alle oortollige los eiendom ontslae wat “begeerlike trekpleisters” kan wees. Vermy dit om produkte op die plaas te verkoop. Vekoop jou vee eerder direk aan koper / slagpale / vendusies, ens.
• Laat slaap klein hondjies, maar ook n groot hond of twee in die huis as jy n aanval verwag. Hou ook ganse buite aan om die buitehonde te help alarm maak – ganse is nie baie goeie wagte nie, want hulle is geneig om baie te raas, maar dis wel n goeie afskrikmiddel.
• Die kombinasie van infrarooi-alarmstrale, buite alarm sensors, elektriese heining (gekoppel aan alarm), honde en ganse is natuurlik die heel beste.
• As jou buite honde in die nag blaf – gaan stel volgende dag ondersoek in, in die rigting waarin hulle geblaf het. Kyk vir spore, sit plekke, vuurhoutjies, sigaretstompies, urineer plekke, enige versteurings aan jou lyndrade, ens. (Gaan kyk elke keer – dit sal later n patroon begin volg om jou te waarsku!!!)
• As jy wel sulke “tekens” of sitplekke optel, gaan sit daar en kyk terug na jou huis. Heel moontlik gaan jy n swak plek sien in jou beveiliging. Dalk n oorklim plek in/by jou elektriese heining, n donker kol om jou huis, ens.
• Kyk deeglik en stap ook in n reguit lyn terug na jou huis toe. Let veral op vir “Afrika tekens” op daardie lyn. Dalk n klip in n boom se mik, n tou of garing of sakkie of lap op jou heining, ens. As jy so iets sien kry dadelik kundiges se hulp in en wees paraat.
• Slaapvretrekke se lig moet uit wees, slegs n bedlampie moet kan aan gesit word (haal die gloeilamp uit). Sorg dat jy n ordentlike flits het, maar SLEGS IN N NOODGEVAL, as jy buite moet lig, hou dit met n langarm weg (sywaarts) van jou lyf af en hou jou liggaam agter n muur. Moenie te gou jou posisie met n flits verraai nie. Moet ook nie deur die gordyn loer as jy iets buite hoor, skuif net n skreufie oop en loer met een oog, met die binne lig nog af.
• As jy kan, te alle tye, sit eerder buiteligte aan en VERMY die flits-ding. Moenie oorhaastig beweeg nie, staan eers lank in die donker stil en wees geduldig. Hou ALTYD n muur tussen jou en moontlike aanvallers. Solank jy binne die huis agter mure is het jy die voordeel – gebruik dit!!!
• Leef en slaap met jou vuurwapen(s) byderhand. Maak seker jy is nog vertroud met jou wapen(s) (indien jy het) en het genoeg magasyne en ammunisie, doen gereeld n skietoefening. Laat die hele gesin met alle wapens skiet.
• Leer die kinders vooraf van n noodsitsuasie en beplan strategie. Elkeen moet presies weet wat van hom / haar verwag word. Wie bel vir wie, wie praat op die radio en wie skiet waar, as ook handtekens sonder om geluide te maak. Oefen dit gereeld en kyk waar julle kan verbeter!!!
• Doen self n denkbeeldige aanval op jou huis, en kyk wat moet jy wegvat of uitkap, wat as wegkruip-kanse gebruik kan word of waar-agter geskuil kan word. Hou die gras en bosse skoon rondom die plaasopstel en alle paaie en hekke. Verwyder alle wegkruipplekke en hinderlae moontlik.
• Vervang waar moontlik gewone hekke met motorhekke. Baie aanvalle vind plaas wanneer mens moet stop om n hek oop of toe te maak. Moet ook nie uit jou voertuig klim as iets onverdags lyk, ry eerder weg en kom later terug saam met hulp, as wat jy daar staan en wag en jouself oop maak vir n moonlike aanval. Moet ook nie na n hek toe gaan as enige persone jou roep, bel eerder vir bystand, want dit kan n moontlike uitlokking wees om jou uit jou huis te kry.
• Kry die hulp van spesialiste in as jy twyfel oor iets. Mens kan nie alles weet nie en daar is altyd plek vir verbetering. Kundiges kyk met ander oë na jou huis, heining, alarm, ens.
• Hulle kan aanbevelings maak waaraan jy dalk nooit eers gedink het nie. Onthou ons praat hier van jou en jou geliefdes se lewens!!!
• Maak seker jy het noodhulpkassies in die huis en waar hulle gelee is, verkieslik meer as een op verskillende plekke.
• Wees ook oplettend vir snaakse geluide soos mense wat fluit vir mekaar, geskreeu, ens, dit is alles moontlike tekens of waarskuwings van mense wat n aanval loots. MOET NIE UIT JOU HUIS GAAN OM ONDERSOEK IN TE STEL NIE.
• Maak seker waar al jou nodige sleutels, wapens, flitse, fone, peperspray of “doom” (wat ook as teen aanval middel gebruik kan word indien jy nie peperspray het nie) veral as jou krag af is en jy moet dit in die donker vind. Met ander woorde wees bekend met jou omgewing in die donker.
• Sterkte en wees gelowig, wakker, voorbereid en veilig.