05/11/2024
Deel 2:
Installeering van pasgemaakte solder by die kliënt.
Eerstens word uitgemeet waar 2 pale in die muur moet kom om die Solder planke te dra. Een word in die middel van die vertrek gemonteer en een teen die reguit kant van die vertrek.
Volgende word panele afsonderlik gemeet, gesny en vas gesit aan die 2 pale. Aan die kant van die ronding, word aan die bo-kant batens aan die muur vasgesit, sodoende help dit om die solder planke te hou.
Laastens word 'n dennehout strip vas gesit om die vertrek af te rond.
Kliënt se woorde nadat projek afgehandel is:
" Dit is net soos wat ek gedink het dit moet wees."